Home Events - Namaqua West Coast Community Neon Weekend By Angel Project @ Maskam Brewing Company

Neon Weekend By Angel Project @ Maskam Brewing Company

Dis winter, maar Angel Project gaan dit ophelder met ‘n kleurvolle NEON WEEKEND!
24 en 25 Julie het Maskam Brewing Company hulle perseel aangebied vir ‘n opwindende naweek om fondse vir ons diere in te samel.
Die Vrydag gaan ons ‘n kleurvolle 5km Nag-stap doen – baie pryse te wen, verskeie items te koop en natuurlik is jou honde-maat baie welkom om te kom saam stap.
Saterdagaand is dit weer tyd vir een van ons immergewilde Angel Project danse waar die veiling altyd ook ‘n hoogtepunt is.
Teken dit sommer NOU al aan in jou kalender.
Enige skenkings van items vir ons veiling of pryse deur die naweek sal baie waardeer word. Items kan afgegee word by Anja Visser Accounting of kontak ons om items op te tel.
Sien julle vir ons NEON WEEKEND!
Date
Fri - Sat Jul 2026
Expired!
Time
8:00 am - 6:00 pm