
NIGHT WITH THE REAL STARS (Idma@Kapel, Vredendal)
Kom beleef dit!!!!!!
‘n Besonderse aand om nooit te vergeet! Kom skitter in jou mooiste glorie!
‘n Predikant, landdros en ander gaan jou vermaak soos nog nooit tevore!
Die heerlike aand is ten bate van die Angel Project se groot massa sterilisasie van swerfdiere!
Afgesien van die vermaak, sluit die aand ‘n Vredendal “Uber” in vir jou gerief om jou na hartelus te kan vervoer, ‘n heerlike kuier met Idi se sappies, en Marinda se feesmaal wat begin met biltong & bloukaas sop soos net ‘n fynproewer kan.
Daar is slegs ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar – kry joune vinnig!




