‘n Mens voel sommer die Karoo se oer-energie diep onder jou voetsole wanneer jy die Hantamberge bokant Calvinia betree. Hier trap jy letterlik in die voetspore van dinosourusse wat honderde miljoene jare gelede die landskap oorheers het (en as jy weet waarvoor om te soek, mag jy dalk van dié prehisoriese gediertes se fossiele gewaar)

Die wêreld lê wyd daar op die hoë platorand en die tafelkoppe is bestrooi met skalie, ysterklip en doleriet so ver as die oog kan sien

Lees meer hier: https://www.netwerk24.com/netwerk24/leefstyl/reis/trap-deur-die-hantam-se-hart-20220811

Artikel & Fotos: Jacques Marais vir Die Beeld