Volg die Olifantsrivier al die pad deur die Cederberge tot teenaan die Namakwalandse Weskus.
Suid-Afrika spog met indrukwekkende riviere… Almal ken die majestueuse, amper 2 500 km lange “Grootrivier”, oftewel die Oranje of Gariep, wat vanuit Lesotho tot in die Atlantiese Oseaan kronkel. En verder noord is daar natuurlik die Vaal-, Limpopo- en Thukela-, met die Vis-, Breede- en Bergrivier onder in die Ou Kolonie.
Een van die minder bekendes is die Olifants, maar hy hoef glad nie vir die grotes terug te staan nie, Dié rivier onstaan bo in die ruwe Winterhoekberge, vanwaar dit deur die Cederberge en Namakwa-bossieveld vloei op pad Weskus toe. Lees meer: https://www.netwerk24.com/netwerk24/leefstyl/reis/olifantasties-20230303