Fryer’s Cove is die enigste wingerd in die Bamboesbaai-wyk, watook die kleinste wyk in Suid-Afrika is. Sy wingerde stippel die heuwel 500 meter van waar die koue see se branders teen die rotsagtige kus breek.

Die plaaslike inwoners is so onopgesmuk soos die landskap, en dit is hierdie terroir wat elke bottel Fryer’s Cove-wyn spesiaal maak. Fryer’s Cove se wyne het ‘n besonerse see-geur, vandaar ons slagspreuk “Forged of the earth, tempered by the sea” https://www.netwerk24.com/weg/verblyf/wes-kaap/fryers-cove-doringbaai-wes-kaap-20230622