Glo my die pad Namakwa Weskus toe is glad nie lank of swaar nie. Ja-nee, ‘n mens kan maklik die N7 tot by Vanrhynsdorp in onder vier uur kafdraf, en dit is seker hoekom soveel mense gas gee en deurdruk tot by Springbok of na Namibië se grens toe.
Maar doen jouself – en jou familie – volgende keer ‘n gunsie. Daar is dosyne grondpaaie wat hier deur die Knersvlakte kriskras en jy weet nooit wat jy gaan ontdek indien jy afdraai nie. Die Maskam-berg toring hoog teen die oostelike horison, met die bosse-veldsee wat weswaarts ontvou. Lees meer hier: https://www.netwerk24.com/netwerk24/leefstyl/reis/alla-maskam-20231019