Die reën was later as verlede jaar, maar meer as voldoende vir ‘n uistekende blomjaar, meen kenners uit al vyf blomstreke. Warm, droë somer en goeie winterreën is die wenresep vir veldblomme, meen Christel Marais van Swartland Toerisme.
Mike Spies van Namakwa Toere laat weet uit die mees noordelike blomstreek, Namaqua Weskus, hoewel die reën later as in 2023 was en hulle toe byna ‘n maand vir opvolgreën moes wag, het die laaste drie of vier kouefronte goeie reën gebring.
Lees meer: https://www.netwerk24.com/netwerk24/leefstyl/buitelewe/die-blomme-kom-ja-maar-wanneer-20240729