Wynmakers en Wingerdboukundiges van die Weskus Wynroete het Dinsdag middag, 20 Augustus,by Lutzville Wingerde by mekaar gekom om die jaar se inskrywings vir die Nasionale Jongwynskou in Streeksverband te vier. Die streek se beste wyne is aangekondig en Trofee’s is uitgedeel.
Klawer Wynkelder stap weg met die beste wyn in die streek met hul Hanepoot Jeripiko en spog nou met die KWV Kampioen Wyn Trofee.
Namaqua Wines ontvang die Wemmie van Zyl Trofee. Die trofee word toegeken aan die beste inskrywings uit edel kultivars op nasionale vlak.
Dankie aan Lutville Wingerde wat as gasheer vir ons ‘n heerlike middag ete voorberei het.
Hiermee die resultate, baie geluk aan al die kelders – julle het goeie uitslae behaal vir die 2024 Jongwynskou.
OLIFANTSRIVIER WYNSKOU WENNERS:
• Kampioen Wit Nie-Kultivar (Versnit): Lutzville Wingerde – Nouvelle/Sauvignon Blanc
• Kampioen Wit Kultivar (ongehout): Lutzville Wingerde – Sauvignon Blanc
• Kampioen Droë Wit Kultivar met Hout: – Lutzville Wingerde – Chardonnay
• Kampioen Natuurlike Soet Wit Tafelwyn: Piekenierskloof
• Kampioen Chenin Blanc: Lutzville Wingerde
• Kampioen Sauvignon Blanc: Lutzville Wingerde
• Kampioen Chardonnay: Lutzville Wingerde Chardonnay (hout)
• Kampioen Rooi Versnit: Lutzville Wingerde – Cabernet Sauvignon /Merlot
• Kampioen Pinotage: Piekenierskloof
• Kampioen Merlot: Klawer Wines – Merlot (hout)
• Kampioen Shiraz: Namaqua Wines
• Kampioen Cabernet Sauvignon: Lutzville Wingerde
• Kampioen Ruby Cabernet: Namaqua Wines – Ruby Cabernet (hout)
• Kampioen Rooi Kultivar: Lutzville Wingerde – Cabernet Sauvignon
• Kampioen Droë Rooi Kultivar (hout): Namaqua Wines – Shiraz
• Kampioen Soetwyn: Klawer Wines – Hanepoot Jerepiko
• Absa Produsente Beker: Piekenierskloof
• Wemmie Van Zyl: Namaqua Wines
• Kampioenwyn: Klawer Wines Hanepoot Jerepiko