‘n Skouspel van geur!

Op 18 Junie het wynliefhebbers saamgekuier by die jaarlikse Tenkmonsterproe – ’n eksklusiewe geleentheid waar vyf wynkelders hul 2025 wyne vars uit die tenk aangebied het.

Fryer’s Cove, Lutzville Vineyards, Teubes Wines, Klawer Wynkelder / Klawer Wines en Namaqua Wines het elkeen met trots hul wynpassie gedeel – altesaam 10 wyne vol karakter en vooruitsig.

’n Spesiale dank aan ons lojale borg, GVtec vir hul waardevolle ondersteuning – sonder julle sou hierdie aand nie moontlik gewees het nie.

Dankie ook aan Klaas Coetzee van Vinpro wat die aand afgeskop het met ‘n insigewende verslag van die 2025 oes in die Olifansrivier vallei

Die Keldery & Red Ox Vredendal se venue het die perfekte atmosfeer geskep: stylvolle dekor, uitsonderlike diens en ’n smaaklike spyskaart van sop & tuisgebakte brode.

📖 Lees meer oor dié aand in die Ons Kontrei Streekskoerant: Ons Kontrei_27062025