Vir die eerste keer sedert 2017 vier ons ordentlik die Streeks Jongwynskou!

Wynkelders en hul Produsente kon skitter waar ons met trots die trofeewenners van die skou kon aankondig en vereer. Die glans aand by die pragtige Die Keldery Venue net buite Vredendal was een vir die boeke, die wyn voortreflik, en die gemeenskapsgees tasbaar.

Ons opregte waardering aan al ons borge vir jul ondersteuning. Sonder julle bydrae sou hierdie spesiale aand eenvoudig nie moontlik gewees het nie. Porex SA,  Vinochem, PSG Wealth Vredendal, JDW Transport, Stemmet Transport, en JFD Lochner

Aan Die Keldery Venue en hul personeel. Dankie vir jul profesionele diens, smaaklik kos en lekker atmosfeer wat julle geskep het.

Ons fotograaf, Lester van Dieds Creative Solutions het die aand mooi vasgevang. Baie dankie vir al die pragtige fotos!

Baie geluk aan al die kelders & hul produsente – julle het goeie uitslae behaal vir die 2025 Jongwynskou.

🏆Klawer Wynkelders stap weg met die beste wyn in die streek met hul ongehoute Pinotage en spog nou met die KWV Kampioen Wyn Trofee. Die wyn was ook aangewys as die 2de beste Pinotage in die land by die Nasionale Jongwynskou

Hiermee die volledige lys van Trofee wenners:

Meer fotos op ons Facebook blad: https://www.facebook.com/VisitNWC